PTA spog met meer as 15 Ghoema 2015 benoemdes

Groot nuus is dat die internasionale Belgiese sangsensasie Dana Winner ook vanjaar ‘n eregas by dié geleentheid sal wees waar sy haar splinternuwe treffer, Lied van Hoop, sal sing.

Na ‘n jaar van harde werk en tientalle treffers wat landswyd op radiostasies gespeel word, is dit weer daardie tyd van die jaar waar die room van ons land se kunstenaars vir hulle harde werk beloon word.

Die jaarlikse Ghoema toekenningsgeleentheid is om die draai en die lys van benoemdes is pas bekendgemaak.

Pretoria is die tuiste vir van die beste en gewildste kunstenaars in die land en vanjaar spog die hoofstad met nie minder as 18 benoemdes.

Adam Tas, Bobby van Jaarsveld, EDEN, Riana Nel, Lianie May, Hanna Grobler en Steve Hofmeyr is maar ‘n paar van die bekende name op die lys.

Op 24 Maart 2015 sal die ganse Afrikaanse Musiekbedryf by die Pretoria Staatsteater bymekaarkom vir ‘n glansgeleentheid soos min. Vanjaar se toekenningsaand gaan behoorlik swierig en opwindend wees met optredes deur Nicholis Louw, Nadine, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, ADAM, Willem Botha, Elizma Theron, Monique, Dewald Wasserfall, Charlize Berg, Liza Bronner en Elvis Blue.

Groot nuus is dat die internasionale Belgiese sangsensasie Dana Winner ook vanjaar ‘n eregas by dié geleentheid sal wees waar sy haar splinternuwe treffer, Lied van Hoop, sal sing.

Kaartjies om Ghoema 2015 by te woon, is vanaf 16 Maart beskikbaar by Computicket en aanhangers sal moet gou spring om hulle sitplekke te verseker.

Die GHOEMAS is die enigste onafhanklike toekennings spesiaal vir Afrikaanse musiek.

Vir ‘n volledige lys genomineerdes, klik hier.

Vir gratis nuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button