Liefdadigheid by Rafters

Benodighede is ingesamel.

Rafters Pub and Grill in die Ooste van Pretoria was Vrydagaand ‘n gewilde plek om die komediant Jonathan van Radio Raps se grappe te geniet en ook iets vir liefdadigheid te doen.

Rafters Pub and Grill-eienaar, Arline Willamson, sê sy reël jaarliks ‘n geldinsameling-geleentheid om haar verjaarsdag te vier.

“Hierdie jaar het ek besluit om badkamer-benodighede te skenk aan die twee liefdadigheidsinstansies, Hanna Empowerment Charity en Caring Daisies. Hulle samel kospakkies en ander benodighede vir minder-bevooregdes in.”

Toegangsgeld wat die aand opgelewer het, sal vir badkamer-benodighede aangewend word. Landman het die aand se vermaak afgeskop met sy sangnommers. Daarna het Wanine, Venita, Knot Brothers, The Lectric Monks en Willie du Plessis elkeen ‘n beurt gekry om die gehoor te betower met hul sang.

Jonathan van Radio Raps was laaste aan die beurt en DJ Willie het die res van die aand musiek gemaak.

Williamson het gesê die aand was ‘n reuse sukses. “Ek glo deur uit te ryk na diegene wat minder as jy het, die eerste stap in die regte rigting is. ’n Mens kry altyd terug wat jy aan ander gee.”

Vir gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version