Wen kaartjies na spesiale vertoning van ADAM

Skryf in vir jou kans om dubbel kaartjies te wen en vir ADAM op die verhoog te sien.

Die groep ADAM bied op 31 Januarie ‘n spesiale vertoning by die Carousel aan om hul jongste album Goud te bevorder. Tydens dié verto­ning kan gaste uitsien na saamsing-treffers soos Cowboys & Crooks, Goud, Sal Oorlog vir you Maak, Smoorverlief, Ek Lewe, Superster, en My Vrou.

ADAM is Hugo Ludik, Reynardt Hugo (beter bekend as dr Tertius Jonker van Binnelanders-faam) en nuwe voorsanger, Kyle Grant.

Hul musiek is ‘n kombinasie van Rock, Pop en moderne Country.

Rekord en die Carousel bied aan vyf gelukkige lesers die geleentheid om dubbel kaartjies vir die aand te wen. Een van die vyf kaartjiewenners sal ook ‘n gratis aand se verblyf wen.

Vir jou kans om een van ons gelukkige wenners te wees, SMS die woord ADAM en jou naam en van na 42282.

Inskrywing sluit 29 Januarie om middernag. SMS’e kos R1.50. Gratis SMS’e geld nie.

Vir gratis gemeenskapsnuus in jou area, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

 

Related Articles

Back to top button