Mooirivier akteurs in Brooklyn

Die akteurs van Mooirivier kan nie wag vir dié fliek se vrystelling binnekort nie.

Die akteurs van Mooirivier het dié nuwe fliek Sondagoggend by Brooklyn-winkelsentrum bekendgestel.

Suzzi Swanepoel, Hykie Berg, en die nuut-verloofde Bouwer Bosch en Leandi du Randt het handtekeninge uitgedeel en saam met opgewonde aanhangers foto’s laat neem.

Swanepoel het ‘n liedjie of twee op die verhoog gesing het en Bosch en Du Randt was geheimsinnig oor hul verlowing. “Ons wil in dié stadium nie te veel daaroor praat nie, maar ons is baie gelukkig,” het Bosch gesê.

Du Randt het ook uitgebrei oor haar nuwe huis, waar sy eerskomende Sondag sal intrek.

“Ek sou vroeër ingetrek het, maar die vloer is nog nie klaar nie. Ek is nie te ongeduldig nie, want ek glo alles in die lewe gebeur soos dit moet,” het Du Randt gesê.

Volgens Swanepoel is hulle ‘n pragtige paartjie wat bymekaar hoort. “Hulle is twee wonderlike mense en hulle is so mooi saam. Ek glo dat hulle ook baie gelukkig sal wees.”

Mooirivier is van 6 Februarie af by teaters regoor die land te sien.

 

Suzzi Swanepoel sing by Brooklyn Mall:

Vir meer nuus, besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button