Musiekfees rock Pretoria

Afriforum het onlangs 'n Afrikaanse musiekfees gehou om Pretoriase verjaarsdag te vier.

Afriforum se Afrikaanse musiekfees ter viering van Pretoria se 159e verjaarsdag is Saterdag by die Voortrekkermonument gehou.

Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Dewald Wasserfall, Dans Dans Lisa, Klopjag en Karlien van Jaarsveld het beurte gemaak om die gaste te vermaak.

“Ons is baie geëerd om deel te kan wees van vandag se vieringe. Dit is ‘n wonderlike dag,” het Klopjag se Dawie de Jager gesê.

Volgens Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van Afriforum, het die dag ook oor die behoud van Pretoria se naam gegaan.

“Die feit dat soveel mense opgedaag het om Pretoria se verjaarsdag te vier is ongelooflik,” het Kriel gesê.

Die Voortrekkermomument-amfiteater was stamvol Pretorianers wat heeldag aan lekkernye soos spookasem gesmul en saamgesing het aan bekende treffers soos Jakkals trou met wolf se vrou en Eendag as ons groot is.

Vir gratis gemeenskapsnuus en nuusflitse, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ook ons Facebook page en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button