Lyk fantasties en voel selfs beter

Die Nuwe Jy-bootcamp bied topwerkswinkels en meer as 50 stalletjies. Kom kry die gereedskap vir jóú gesonde leefstyl.

Vroue is vandag al meer die slagoffer van ’n besige lewe. Jy weet ’n gesonde leefstyl behoort voorkeur te geniet, maar dit verg tyd vir behoorlike beplanning, tyd wat jy eenvoudig nie het nie. Al jou beskikbare ure word reeds aan jou werk of jou gesin bestee. Miskien sal jy eendag weer daaraan aandag kan gee.

Die Nuwe Jy-bootcamp is ideaal vir jou, selfs al is jou skedule propvol. Jy kan op een dag al die verskillende opsies vir ’n gesonder lewe oorweeg. Met topwerkswinkels deur kenners en talle opwindende stalletjies is die opsies legio.

Jy kan nuwe produkte sien, ruik en proe. Jy kan selfs deelneem en nuwe oefentegnieke op die proef stel. Hierdie bootcamp is spesifiek ontwerp sodat jy met ’n nommerpasplan vir jóú gesonder leefstyl huis toe kan gaan.

Kies een van die vyf werkswinkels of woon almal by. Kenners op die gebied van skoonheid, mode, fiksheid en voeding kom gee jou ’n plan wat werk. Dit kos slegs R100.

· Die Glam Guru, Hannon Bothma, kom wys jou hoe om met min produkte en in nét een minuut te grimeer.

· Christo Strydom verklap die redes waarom jou dieet nie werk nie. Hy deel sy geheim oor wat jy kan doen om die ekstra kilo’s af te skud en af te hou.

· Alletté-Johanni Winckler wys vir jou watter kleure en klere by jou lyf pas. Leer aantrekgeheime wat tot 10 kg binne sekondes kan wegsteek.

· Kry daai lyf in die privaatheid van jou huis deur die regte oefening te kies. Linda Kriel wys vir jou watter oefeninge by jou liggaamsbou pas.

· FINESSE se eerste bekende finalis vir die Nuwe Jy-uitdaging is Chanelle de Jager. Sy verklap presies hoe sy 17 kg verloor het en waarom jy dit ook kan doen.

Om te bespreek besoek nuwejy.co.za/bootcamp. Kry ‘n gratisgeskenksak ter waardevan R200 saam met elke werkswinkel.

Kompetisie:

Rekord gee twee kaartjies na elk van die bogenoemde werkswinkels weg. Elke wenner sal ook ‘n gratis boek van Linda Kriel, vars van die drukkers af ontvang. SMS die woord JY en jou naam na 42282. SMSe kos R1.50 en gratis SMSe tel nie. Die kompetisie sluit 2 Oktober. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version