Jay gesels oor nuwe album en gesin as inspirasie

Jay het met Rekord gesels oor die nuutste EDEN-album, sy gesin en planne vir die toekoms.

Hy is bekend vir sy stoute glimlag, lekker dansmusiek en duette saam met Lianie May maar nou is Jay terug as deel van EDEN en dié groep se splinternuwe album is eersdaags op die rakke beskikbaar.

Rekord het met die aantreklike Jay gesels om meer oor dié nuwe album, sy gesin en sy inspirasie uit te vind.

Eden se jongste album word binnekort uitgereik. Hoe sal jy die styl van die album beskryf?
Wel dit is ‘n EDEN-album so almal kan weer uitsien na lekker dans- en kuier- mu­siek.

Was daar enige uitdagings of hoogtepunte tydens die produksie van die album?
Die grootste uitdaging van hierdie album was om die nodige tyd te kon afknyp om in die studio te wees vir opnames. Maar gelukkig kon ons dit darem so tussen al die ander werk deur regkry.

Kan ons dalk binnekort na ‘n musiekvideo uitsien?
Hopelik sal ons gou uitvind van watter liedjie die publiek die meeste hou, dan kan ons op ‘n moontlike video besluit.

Het jy ‘n gunsteling-liedjie op die album?
Sover is dit ‘n liedjie wat ons saam met die Coleske broers opgeneem het, so kyk uit vir hom.

Hoe vergelyk hierdie album met jou vorige musiek?
Dit bly maar alles in dieselfde popmusiek trant en ek glo “if it aint broke, don’t fix it”.

Waar kry jy jou inspirasie?
Ek sal sê my inspirasie kom van daaglikse gebeure in my lewe, die lewens van ander mense en elkeen se storie wat ons vertel deur hoe ons lewe, reageer en liefhet. My kinders en vrou bly egter steeds my grootste bron van inspirasie.

Is daar enige liedjies wat opgedra is aan jou gesin?
Al is daar geen liedjies wat direk aan hulle opgedra is nie, doen ek dit vir my gesin en dra ek my werk oor die algemeen aan hulle op.

Sou jy sê jou musiekstyl het verander vandat jy ‘n ouer is?
Ek doen soms ‘n ‘song’ of twee wat bietjie meer volwasse en kontemporêr is, maar ek bly maar altyd terugkeer na die fun, “party” musiek.

Kan ons dalk binnekort uitsien na ‘n toer?
Ons beplan sover ‘n baie kort toer met EDEN vir volgende jaar, maar intussen toer ek nog permanent met my #DisHoeOnsRol -­album.

Jay is later vanjaar op die Afrikaans is Groot-verhoog te sien en aahangers kan hom op twitter volg.

Vir musiekvideos klik hier.

 

Related Articles

Back to top button