Wen kaartjies na Riana Nel optrede

Drie gelukkige Rekord lesers kan dubbelkaartjies wen om Riana Nel binnekort op die verhoog te sien by die Carousel.

Afrikaans se goue meisie, Riana Nel, tree eersdaags by die Carousel se Cheyenne Saloon op.

Aanhangers van dié sangeres kan regmaak vir ‘n spesiale vertoning met liedjies van haar splinternuwe album, “Die Regte Tyd”, wat goue status binne 10 dae na vrystelling bereik het.

Dié album is propvol liedjies wat Riana self geskryf het en wys weereens hoekom sy saam met Johan Vorster as liedjieskrywer van die Jaar aangewys is by 2013 se Ghoema-toekennings.

“Tweede kans”, die eerste liedjie op die album, is vinnig besig om die plaaslike trefferlyste te klim en dis geen wonder nie dat Riana as een van Suid-Afrika se grootste vroulike kunstenaars bekend is.

Riana sal Saterdag 27 September om 21:00 die verhoog by Carousel verskyn.

Kaartjies is beskikbaar teen R50 per person by Computicket of by die deur op die aand van die vertoning.

Drie gelukkige Rekord lesers kan dubbelkaartjies wen om Riana Nel Saterdag 27 September by die Carousel se Cheyenne Saloon te sien. Om in te skryf, SMS die woord RIANA en jou naam en van na 42282. Kompetisie sluit 26 September om middernag. SMS kos R1.50. Gratis SMS is nie van toepassing nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button