Twee sangers vermaak by die Ceyenne Salloon

Twee bekende Afrikaanse sangers het aanhangers Saterdagaand vermaak by die Ceyenne Salloon by die Carousel.

Aanhangers van Ray Dylan en Ricus Nel het Saterdagaand ritmies hul voete getik op die maat van dié twee kunstenaars se gewildste treffers toe hulle by die Ceyenne Salloon by die Carousel opgetree het.

Ricus het die aand geopen deur ‘n bekende boeredeuntjie met sy trekklavier te speel. Sy vrou, die sangeres Liza Brönner, was ook daar om hom te ondersteun.

Die skare het gejuig toe Ray die verhoog betree en wegval met sy weergawe van ‘n bekende Roy Orbison liedjie, maar dit was sy treffer “Jessica” waaroor almal gaande was.

Ray het gedurende sy optrede gespot dat sy vertonings eintlik meer oor “Jessica” gaan as oor hom.

Aanhangers was behoorlik meegevoer en het die heel aand saamgesing.

Ray sê: “Dit is die eerste keer dat ek hier by die Ceyenne Salloon optree, maar ek is mal oor die vibe hier.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button