Arno Jordaan se nuwe album binnekort hier

Arno Jordaan se splinternuwe album is binnekort op winkelrakke beskikbaar en Rekord het meer daaroor gaan uitvind.

Hy is een van Afrikaanse mu­siek se goue seuns en aanhan­gers van Arno Jordaan kan uitsien na sy splinternuwe album As jy hier is, wat van 1 September by uitgesoekte musiekwinkels beskikbaar sal wees.

Behalwe vir sy nuwe album is Arno ook later vanjaar op die verhoog tydens Afrikaans is Groot-konserte te sien. Rekord het met Arno gaan gesels om meer uit te vind oor sy nuwe album en sommer ook om te hoor wat hy volgende beplan.

Waarna kan aanhangers uitsien met die nuwe album?

Aanhangers kan uitsien na heelwat nuwe klanke maar ook die ou bekende Arno ‘vibe’. Het jou musiekstyl verander vandat jy pa geword het? Nee wat, ek probeer net altyd om my aanslag nuut en vars te hou, maar daar is darem een liedjie ter ere van my seun Milan op die album.

Het jy ‘n gunsteling liedjie op die nuwe album?
Ja beslis. My gunsteling liedjie van hierdie album is Wat ons twee het.

Hoe sal jy die album se styl beskryf?
Daar is bietjie langpadmu­siek wat lekker luister, maar die musiek dans ook lekker.

Kan ons uitsien na ‘n musiekvideo binnekort?
Ek kan nie op die oomblik te veel sê nie, maar hou maar die spasie dop.

Wat is volgende, kan ons ‘n toer binnekort verwag?
Beslis! Ons is besig om aan ‘n toer te werk vir Desember en ek wil ook vroeg volgende jaar ‘n lekker plattelandse toer doen.

Jy is in November op die Afrkaans is Groot verhoog te sien. Hoe voel jy oor dié konsert?
Afrikaans is Groot is die grootste, beste en mooiste Afrikaanse produksie wat nog op die planke gebring is en hierdie jaar gaan almal beslis weer uit hulle stoele uitgeblaas word met hierdie konsert. Ek beskou dit as ‘n groot voorreg om deel te kan wees van hierdie konsert en sien regtig baie daarna uit.

Wat maak dié album anders as al die ander?
Hier moet ek net vir Coleske Artists dankie sê vir dit wat hulle vir my beteken en doen. Ek weet ek is in die beste hande en daarom weet ek hierdie album gaan beslis my grootste album nog wees!

As Jy Hier Is  is propvol lekker luister liedjies wat jou voete sal laat jeuk.  Aanhangers sal moet gou spring want dié album gaan van die rakke vlieg. Vir meer oor Arno volg hom op twitter.

Om meer uit te vind oor die nuwe album klik hier.

Vir ‘n voorsmake van die nuutste treffer Richterskaal klik hier.

 

Related Articles

Back to top button