Moments-konsert bied liedjiereis deur dekades aan

Die Moments-konsert het onlangs by die Monte de Dios landgoed plaasgevind.

Die langverwagte Moments-konsert, deur bekende vervaardiger en choreograaf Willie Venter, was Saterdagaand te siene by die Monte de Dios-landgoed in die ooste van Pretoria.

Gaste kon uitsien na ‘n aand van vermaak deur Sonja Herold, Simeon, On-Que, Andries Hendrik Potgieter, Eloise Cupido, Hercules Smith, AVEA en die Brongberg-kinderkoor.

Die groep, Avea, bestaan uit Francois Olivier en Wilco Coetzer en het onlangs hul verskyning op die Afrikaanse musiekplatform gemaak.

Ander kunstenaars soos Sonja Herholdt en Eloise Cupido is reeds bekende name in Suid-Afrikaanse huishoudings.

“Dit gaan ‘n fantastiese vertoning wees waarna almal kan uitsien,” het Herholdt voor die konsert gesê.

Die opgewondenheid van die gaste was tasbaar en een gas, Rufus Muller, het veral baie uitgesien na die aand se vertoning.

“Ek is die grootste Sonja Herholdt-aanhanger en ek kan nie wag om haar vanaand op die verhoog te sien nie,” het Muller gesê.

Die konsert het bestaan uit bekende Afrikaanse liedjies wat die gehoor op ‘n reis deur die afgelope paar dekades geneem het.

Vir meer gemeenskapsnuus en -gallerye, ‘like’ Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

Exit mobile version