Wen kaartjies vir SA se eie verkleurmannetjie

Wen kaartjies na 'n Chris Chameleon optrede!

Aanhangers van die kunstenaar Chris Chameleon kan uitsien na ‘n besondere belewenis van die wye verskeidenheid gedaantes van Suid-Afrika se geliefde verleurmannetjie by die Atterbury Teater.

Dié bekende sanger gaan op Maandag 17 Augustus liedjies sing van sy 2014 album, Posduif, ‘n versameling van toonsettings van Daniella Deysel se werk vertolk. Teatergangers kan ook uitsien na vertonings saam met die jong digter.

Kompetisie: Twee gelukkige lesers kan dubbelkaartjies wen om Chris Chameleon op 17 Augustus by die Atterbury teater te sien. Om in te skryf, SMS die woord CHAMELEON en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit 16 Augustus om middernag. SMS’e kos R1.50. Gratis SMS’e is nie van toepassing nie.

 

Related Articles

Back to top button