Nuwe kortfilm in Rietfontein geskiet

Een van dié jaar se Silwerskermfees films word nêrens anders as in die Moot geskiet nie.

Die opgewondenheid was tasbaar op die stel van Hoofkantoor Produksies se nuwe kortfilm, Ben se Begrafnis.

Die produksie, een van KykNET se Silwerskermfees se 15 kortfilms, word in die hartjie van die Moot, in Rietfontein, geskiet.

Dit beloof om ‘n treffer te wees onder Afrikaanse aanhangers met bekendes soos Arno Jordaan, Neels van Jaarsveld, Shareen Swart en Jaco Meyer (van Moses Metro Man faam).”Ek is ‘n groot aanhanger van die Silwerskermfees, want dit is so ‘n positiewe fees wat opkomende filmmakers die geleentheid bied om te wys van watse stoffasie hulle gemaak is. Dit gee ook verskeie kunstenaars die geleentheid om hul kuns te verfyn,” het Van Jaarsveld gesê.Oor die film self, wil Van Jaarsveld nie te veel weggee nie.

“Dit was wonderlik om saam met Johan Engelbrecht te werk, sowel as Arno Jordaan. Hy is baie spontaan opstel,” het Van Jaarsveld gesê.Andrew Gould en Tiaan van Niekerk, wat die draaiboek saam geskryf het, is net so geheimsinnig oor die film.

“Dit gaan oor ‘n man wat terugkeer uit die dood, en dan ‘n uiters onverwagse teleurstelling moet verwerk. Ons het besluit om dit in Pretoria te verfilm, aangesien dit net ‘n wonderlike, familie-georienteerde stad is. Dit is iets wat betrekking het tot elke gesin het en Pretoria het net soos die perfekte plek daarvoor gevoel,” het Gould gesê.Hierdie is die vierde jaar van die Silwerskermfees, wat daarna streef om innoverende samewerkings tussen kunstenaars aan te moedig en die voortbestaan van Suid Afrikaanse film te koester.

Die films wat die jaar aanvaar is, sal van 27 tot 30 tydens die fees in Kamsbaai vertoon word. Later die jaar, sal dit te sien wees op verskeie DSTV kanale.

Volg Rekord op Twitter of ‘like’ ons op Facebook.

Exit mobile version