Wen kaartjies vir vertoning van ‘n leeftyd

Drie gelukkige lesers kan elk 'n stel dubbelkaartjies wen.

Musiekliefhebbers kan hulle hulle regmaak vir ‘n musikale belewenis wat beloof om Carnival City behoorlik op horings te neem. Dié vertoning, KRONE, wat die room van die Afrikaanse musiekindustrie insluit spog met name soos Kurt Darren, Ray Dylan, Snotkop, Nicholis Louw en Heinz Winckler.

KRONE, gebasseer op die album met dieselfde naam sluit ook gaskunstenaars soos MoniQue, Elizma Theron, Liezel, Silwer en Goud, Manie Jackson, NRG en Pierre Rossouw in en aanhangers kan hulle regmaak vir ‘n vertoning soos nog nooit tevore. Veral met treffers soos Kaptein, Jessica, Rock Daai Lyfie, Ek Kan Weer In Liefde Glo en Parapapapa.

Kompetisie: Drie gelukkige lesers kan elk ‘n stel dubbelkaartjies wen vir dié vertoning wat 26 en 27  Julie by Carnival City te sien is. Om in te skryf, SMS die woord KRONE en jou naam en van na 42282. Kompetisie sluit 24ste Julie om middernag. SMS’e kos R1.50. Gratis SMS’e is nie van toepassing nie.

 

 

Exit mobile version