Sanger bring vreugde terug na Loftus

Danie Niehaus het Donderdagaand vir heerlike vermaak by die Loftus 200-klub by Loftus Versveld gesorg.

Aanhangers van Danie Niehaus is Donderdagaand met ‘n vertoning en ‘n lekker ete by die Loftus 200-klub by Loftus Versveld bederf.

Gaste is deur Niehaus vermaak met van sy bekendste liedjies en staaltjies in die gesellige atmosfeer van die klub.

Van die gaste wat die vertoning bygewoon het, was die voorsitter van Loftus 200, Andrew Williamson, en oud-Springbok Piet Kruger.

Een van die gaste, Niki Visser, is ‘n groot aanhanger van Niehaus. “Ek is mal oor sy musiek en het hom al voorheen sien optree. Dis wonderlik om hier te kan kuier vanaand,” het Visser gesê.

Wyn en steak was ideaal om die koue te besweer terwyl die liedjies van Niehaus deur die leë stadion weerklink het.

Pretorianers wat hierdie optrede misgeloop het, of nie kan wag vir sy volgende optrede nie, moet op uitkyk wees want Niehaus gaan binnekort by die Centurionteater te siene wees.

Related Articles

Back to top button