Taxi optog steur Innibos g’n

Die innibos kunstefees se woordvoerder het bevestig 'n optog deur taxi-operateurs wat sedert Maandag chaos in Mbombela (Nelspruit) veroorsaak het geen impak op die fees nie.

‘n Optog deur taxi-operateurs wat sedert Maandag chaos in Mbombela (Nelspruit) veroorsaak het geen impak op die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees nie en voorgenome besoekers moet hulle nie daardeur laat afskrik nie.

Die optog is gister en vanoggend op die R40 tussen Mbombela en Witrivier gehou en het met tye geweldadig geraak toe operateurs die pad versper en probeer verhoed het dat voertuie om die versperring ry.

Die fees se Sandra Jacobs het egter bevestig die optog het ver van die feesterrein plaasgevind en het, buiten verkeersprobleme, min ontwrigting in Mbombela self veroorsaak.

Die kunstefees het Woensdag afgeskop met hordes feesgangers wat na dié fees toe stroom.

Werner Tereblanche van J&M Sekuriteit het bevestig die polisie het die situasie onder beheer.

“Daar is niks te vrees nie. Alles was teen 10:00 vanoggend onder beheer.”

Tereblanche het gesê hulle is nie bewus van ‘n beplande aksie deur operateurs vir die res van die week nie.

“Daar is egter gebeurlikheidsplanne in plek.”

Die fees sal tot en met 6 Julie voortduur.

Vir meer inligting oor die fees kliek hier: Innibos

Exit mobile version