Riana Nel is terug met haar tweede sekulêre album “Die Regte tyd”

Riana Nel se nuwe album is uit en het alreeds 20 000 eenhede verkoop.

Aanhangers kan net nie genoeg van Riana Nel kry nie en haar nuutste album Die Regte Tyd vlieg behoorlik van die winkelrakke. Die album is skaars op die rakke en pronk reeds as nommer een op musiekranglyste regoor die land.

Die Regte Tyd spog met treffers uit Riana se eie pen en liedjies soos Tweede Kans, Weier, Die Regte Tyd en Jy Was Daar beloof om die ranglyste vinnig te klim. Haar eerste enkelsnit Tweede Kans word gereeld op radiostasies gehoor en haar album verkoop soos soetkoek. Eie aan die donker skoonheid is daar ook ‘n country nommertjie, ‘n duet Glass is saam met die bekende duo, Coleske, opgeneem wat jou behoorlik na die naaste dansmaat sal laat gryp.
Luister veral na I didn’t say goodbye, ‘n hartroerende ballade wat Riana vir haar oorlede ma geskryf het, en die enkelsnit Namibië wat dié Windhoek-boorling na aan die hart lê.

Haar album Die Moeite Werd het ses nommer een snitte opgelewer en is ook met ‘n Tempo-toekening vir Beste Popalbum in 2012 vereer. Die Regte Tyd is ‘n album wat die mees geharde kritici se hartsnare sal roer en enigeen sommer in ‘n japtrap uit volle bors sal laat saamsing.

Riana sal in November die jaar deel wees van Pretoria se grootste musiekkonsert Afrikaans is GROOT, saam met kunstenaars soos Jay, Karlien van Jaarsveld, Theuns Jordaan en Juanita du Plessis. Hou vir Rekord dop vir ‘n kans om kaartjies te wen na die grootste musiekkonsert wat Pretoria nog gesien het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button