Karlien van Jaarsveld se nuwe musiekvideo

Karlien van Jaarsveld se nuwe musiekvideo is iets om oor opgewonde te raak.

Sy is die kroonprinses van Afrikaanse musiek en haar nuutste musiekvideo oor haar treffer ‘Ek wil nie kwaad gaan slaap nie’ gaan aanhangers se grootste verwagtinge oortref.

Dié video spog met beeldmateriaal van haar en haar man, Derick Hougaard, se troue. Die video gee die kyker ‘n kykie na hoe die paartjie regmaak vir hul groot dag asook roerende oomblikke voor die kansel waar Derick ‘n traan wegpik.

Karlien begin een van die dae weer met optredes en aanhangers kan haar op 21 Mei in die ‘Die son sal weer skyn’-konsert sien wat ten bate van Jannie Moolman gehou word.

Haar album Uitklophou verkoop soos soetkoek en sy het onlangs met die toekenning vir beste Afrikaanse pop-album by die Suid-Afrikaanse musiektoekennings (SAMAs) asook drie Ghoema-toekennings weggestap.

Karlien is ook November maand te sien by Afrikaans is GROOT, wat beloof om hierdie jaar nog meer harte te steel.

Hou Rekord dop vir meer besonderhede oor Afrikaans is GROOT.

Sien die video hier.

Exit mobile version