Ses Snare sorg vir opskop by Centurion-teater

Die Ses Snare het onlangs lekker Afrikaanse musiek by die Centurion-teater gespeel.

Die Centurion-teater het Vrydagaand ‘n behoorlike opskop gehou toe die Ses Snare opgetree het.

Ses Snare bestaan uit Blackie Swart, Leon Ecroignard, Thean Kotze, Pieter Smith, MD Greyling, Peter Hoven. Hulle het nie net met hul eie oorspronklike liedjies bekoor nie, maar ook liedjies van verskeie geliefde sangers soos Lucas Maree, Koos Kombuis en Coenie de Villiers.

Een van die toeskouers by Centurion-teater, Wilma Nel, het na die vertoning uitgesien.

“Ek het al na verskeie vertonings by die Centurion-teater kom kyk, maar dis die eerste keer dat ek die Ses Snare sien. EK kon nie wag vir ‘n aand van lekker Afrikaanse musiek nie!” het sy vertel.

Die Ses Snare was ook Sondag te sien by die Atterbur-teater, waar hulle die gewildste en bekendste Beatles-liedjies gesing het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button