Afrikaans is Groot-kaartjies nou beskikbaar

Die Afrikaans Is Groot konsert sal in November plaasvind.

Aanhangers van die jaarlike Afrikaans is Groot-konserte sal moet gou spring wanneer die kaartjieverkope op 25 Februarie open. Tydens verlede jaar se kaartjieverkope is sowat 54 000 kaartjies binne 24 uur verkoop en dié jaar se vertoning beloof om selfs nog beter en groter te wees.

En hoe dan nou anders met kunstenaars soos Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Lianie May en Riana Nel wat op die verhoog sal verskyn.

Vir die wat nie kan wag vir vanjaar se konsert nie is Afrikaans is Groot 2013 Die Konsert tans op CD en DVD beskikbaar.

Afrikaans Is Groot 2014 sal 14, 15, 21 en 22 November te sien wees by die NG-kerk Moreletapark.

Kaartjiepryse wissel van R150 tot R550 per persoon en is slegs aanlyn beskikbaar by www.pnptickets.co.za.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button