Hartklopfees vir kinders

Die Hartklopfees gaan sorg vir welverdiende fondse om kinderhuise in Pretoria te ondersteun.

Die Hartklopfees ten bate van die President Kruger-kinderhuis in Villieria word op 15 Maart in die ouditorium by die NG-kerk Moreleta gehou.

Met gewilde sangers Bok van Blerk, Riana Nel en Bobby van Jaarsveld op die spyskaart gaan dit ‘n konsert uit die boonste rakke wees.

Die kinderhuise wat sedert 1939 hulpbehoewende kinders versorg se opvoedingstaalmedium is uitsluitlik Afrikaans en die sangfees is ten bate van die kinders in hul sorg.

“Die fees is die eerste van sy soort wat ons aanbied. Ons beplan om dit ‘n twee-jaarlikse instelling te maak,” het Marlene Richardson, woordvoerder van die kinderhuis, gesê.

Hul doelwit om mense bewus te maak van die President Kruger-kinderhuise in Gauteng en in die Vrystaat. “Ons wil mense graag op ‘n meer permanente basis by ons kinderhuise betrek. Ons is dankbaar vir elke skenking en wil die aandag vestig op die bestaan en oorlewing van die kinderhuise. Net die water -en ligte rekeninge van die twee huise is ongeveer R80 000 per maand. Oorlewing is dus ‘n daaglikse stryd. Ons sukkel elke maand om basiese onkostes te dek ,” het sy gesê.

Richardson hoop die fees sal sowat 6 500 feesgangers lok.

Die kinderhuise huisves ongeveer 63 kinders. Dit kos R6 200 per kind per maand waarvan die Departement van Welsyn en Bevolkingsontwikkeling R2 200 per kind per maand subsidieer. Die tekort beloop dus R4 000 per kind per maand.

Feeskaartjies is by Itickets beskikbaar.

Rekord het vier dubbelkaartjies vir die Hartklopfees om weg te gee. SMS die sleutelwoord HARTKLOP na 42282. SMS’e kos R1,50 en gratis SMS’e tel nie. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 12 Maart om middernag.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button