AFRIKAANS IS GROOT-kaartjies binnekort beskikbaar

Die lang wag is verby vir Afrikaanse liefhebbers wat uitsien na 2014 se AFRIKAANS IS GROOT-konsert.

Kaartjieverkope vir Pretoria se eie musikale konsert – Afrikaans is Groot – open binnekort en liefhebbers van Afrikaanse musiek sal moet spring om kaartjies vir hierdie immergewilde produksie te bekom.

Die konsert was in 2012 reeds ’n reuse sukses met 28 000 konsertgangers en die DVD-verkope het dubbel-platinumstatus bereik.Verlede jaar se konsert se meer as 70 000 kaartjies het binne 24 uur uitverkoop.

Dié jaar se konsert beloof om weer die hoogtepunt op die Afrikaanse musiekkalender te wees, met kunstenaars soos Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Lianie May en Riana Nel wat met hul grootste treffers op die verhoog te sien sal wees.

Vir dié wat nie kan wag vir vanjaar se konsert nie, is Afrikaans is Groot 2013 Die Konsert tans op CD en DVD beskikbaar.

Afrikaans is Groot sal vanjaar by die Moreleta NG-kerk te sien wees op 14, 15, 21 en 22 November.

Rekord sal deur die loop van die jaar verskeie dubbelkaartjies weggee en ook met van die sterre van dié konsert gesels.

Kaartjies sal vanaf 25 Februarie om 10:00 slegs aanlyn te koop wees by www.pnptickets.co.za.

Kaartjiepryse wissel van R150 tot R550 per kaartjie.

Korporatiewe gasvryheidskaartjies sal R1 250 per kaartjie kos.

Exit mobile version