Nuwe vakansie-teater by Pierneef

Dis vakansietyd en die teater roep vir die jongspan.

Magonjatjie en die dinosourusse is te sien op die Pierneefteater se verhoog op 6 Desember om 11:00. Saam met Sunieda, vertel Magonjatjie van dinosourusse en maats maak. Kinders leer sommer ’n klomp interessante dinge oor die groot oerdiere. Daar is ook heerlike liedjies om mee saam te sing en ’n dinosourus-eier om te wen.

Sunieda was vantevore vir vyf jaar in Taiwan. In daardie tyd het sy onder andere ’n Liedjie vir jou van Jannie du Toit en Sprokie vir ’n stadskind van Koos du Plessis in Mandaryns vertaal en haar solo CD getiteld Sunieda vrygestel. Sy het daarna in Suid-Afrika kom deelneem aan die World Song Contest waar twee van haar liedjes , Pa sê Pa sal en Woman Alive ,’n liedjie wat die geveg teen kanker beskryf, deurgedring het na die finaal in Suid-Afrika.

Terug in Taiwan het sy vir Magonjatjie ontmoet. Magonjatjie hou van liedjies en stories en van sy beste maatjie Klaasmaatjie en pannekoek. Hy en Sunieda reis nou die wêreld vol om stories te vertel en liedjes te sing. Besoek die teater vir ‘n volledige vakansie teaterprogram.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button