Kinderhuise bied groot musiekfees aan

Bekends tree op ten bate van kinderhuise.

Twee van die bekendste kinderhuise in Pretoria gaan geskiedenis maak deur een van die grootste projekte in hul geskiedenis aan te pak.

Die Jakaranda- en Louis Botha-kinderhuise in East Lynne en Queenswood gaan op 11 April 2014 die Hart van Jakaranda – Afrikaanse musiekkonsert by die Heartfelt Arena in Voortrekkerhoogte aanbied.

Kaartjieverkope het onlangs geopen en hulle moedig alle Pretorianers aan om nou al kaartjies te koop om teleurstelling te voorkom.

Die organiseerder van die projek, Chris Louw, het gesê die gehoor gaan deur bekendes soos Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Adam, Ricus Nel, Pieter Koen en Hennie Jacobs bekoor word. Dit konsert beloof om uit die boonste rakke te wees.

“Ons gaan beslis wegebeweeg van die stigma wat kleef an liefdadigheidskonserte. Hierdie konsert gaan kwaliteit gesinsvermaak ten bate van die kinderhuise verseker,” het Louw gesê.

Hy het gesê die idee is dat die fondse wat deur die projek ingesamel word hoofsaaklik vir die kinderhuise se Multi Dissiplinêre Ontwikkeling Sentrum en alle sport ontwikkeling aangewend sal word.

Die projekte wat sal baat vind hierby is die Inni Koppi Buitelug Ontwikkeling Sentrum wat deel vorm van die Jakaranda en Louis Botha-kinderhuise, Fietsry, Dive for life, Defend with Integrity, Hengel, Boogskiet, Luggeweerskiet en alle ander sport ontwikkelings aktiwiteite van die kinderhuise.

Navrae: Vir meer inligting bel 012-800-4700 of besoek www.hartvanjakaranda.co.za.

Related Articles

Back to top button