Uitstalling vier 20-jaar

Kunsliefhebbers kan uitsien na 'n verskeidenheid werke van top Suid-Afrikaanse kunstenaars.

Die Kuns Uniek uitstalling is hierdie jaar 20 jaar oud en vind plaas vanaf 16 Oktober tot 27 November by Chappiesweg 331 in Lynnwood.

Van ’n baie klein begin het dit gegroei tot ’n uitstalvenster vir baie verskillende genres, insluitende keramiekwerk, skilderye, beeldhouwerk, glaskuns, juweliersware en volstruisleerprodukte.

Wêreldbekende en opkomende Suid-Afrikaanse kunstenaars neem deel, onder wie Anton Bosch, Hanlie Bosch, Maria Beyers, Tobias Beyers, Karien Boonzaaier, Liesel Brune, Barry Dibb, Elise du Toit, Wanda Eloff, Michael Heyns, Digby Hoets, Annemarie le Roux, Isabel le Roux, Karen le Roux, Marlise le Roux, Johan Marais, Tineke Meijer, Leon Müller, Daleen Roodt, Marie-Elise Roos, Anton Smit, Ingrid Smit, Minette van Rooyen, Braam van Wyk, Lidia Verbeek en Andrew Walford.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button