Karakters van gewilde kinderreeks verskyn in leerboek

Prettige lees- en leerboek vir jong kinders om hulle te van kleure, vorms, getalle, eerste woorde en vele meer.

Die geliefde karakters van KykNet se mees gewilde kinderreeks, Tjiff en Tjaff, verskyn in hierdie prettige lees- en leerboek vir jong kinders. Soos gewoonlik gaan die oulike groen tweeling, Tjiff en Tjaff, op allerhande uitstappies en nooi almal om te deel in hul avonture.

Tjiff en Tjaff geniet dit om nuwe dinge te leer en hulle is ook lief vir speletjies en verrassings. Die vyf kort stories in hierdie boek is heerlik vir voorlees en net reg vir beginners wat self begin lees.

Tjiff en Tjaff baljaar op die strand, gaan kuier op die plaas, speel soek-soek en skool-skool en maak raai-speletjies en rympies op met verskillende verrassings uit die geheime boks in die speelkamer. Saam leer hulle van kleure, vorms, getalle, eerste woorde en vele meer.

Exit mobile version