Pretoria pianis betower gehore eersdaags – Wen kaartjies

Pretoria se eie internasionale bekroonde pianis, Charl du Plessis, beloof om hierdie maand die gehoor te betower met sy vinnige klawervingers. Du Plessis bring sy treffer produksie, Pimp my Piano, waarmee hy al deur die hele land getoer het, na die Jakarandastad vir twee skouspelagtige vertonigs op 19 en 20 Oktober by die Atterbury Teater. …

Pretoria se eie internasionale bekroonde pianis, Charl du Plessis, beloof om hierdie maand die gehoor te betower met sy vinnige klawervingers. Du Plessis bring sy treffer produksie, Pimp my Piano, waarmee hy al deur die hele land getoer het, na die Jakarandastad vir twee skouspelagtige vertonigs op 19 en 20 Oktober by die Atterbury Teater.

“In hierdie uitsonderlike uitvoering ontmoet die wêreld van klassieke musiek, met romantiese melodieë en bekende gunstelinge, die kontemporêre ritmes van rock, pop, blues en selfs jazz.”

In Pimp my Piano trek hierdie Steinway kunstenaar ’n nuwe baadjie aan vir klassieke treffers deur Mozart, Bach en Gerswhin, asook musiek uit films soos Chocolat, en van ABBA en Lady Gaga.

“Mense kan ‘n heerlike instrumentele vertoning verwag waar alles deur lewendige instrumente begelei word.”

Tydens die vertoning deel die room van SA musici die verhoog met Du Plessis, onder andere sy mede kunstenaars, die Charl du Plessis Trio groep, Werner Spies en Hugo Radyn. Ander bekende gaskunstenaars soos Juan Oosthuizen, Lizelle le Roux en Jeanne-Louise Moolman sal ook die verhoog deel tydens die vertoning.

Twee gelukkige Rekord lesers staan die kans om ‘n stel dubbel kaartjies vir Charl du Plessis se Pimp my Piano vertoning by die Atterbury teater op 19 Oktober om 20:00 te wen. SMS die woord PIANO en jou naam na 42282. SMS’e kos R1,50 en gratis SMS’e tell nie. Die kompetisie sluit 17 Oktober om middernag. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Related Articles

Back to top button