Snotkop te sien by prettige makietie

Die konsert skop af met Tommy Oliver, La Chelle, Ruan Wepener en Kyron Turnball. Daarna gaan Snotkop die verhoog betree wat beloof om iets besonders te wees.

Daar is min mense wat so ’n prettige makietie soos Snotkop kan hou en dus is die hoof van Laerskool Derdepoort, Rampie Faure, vas oortuig dat die Snotkop-vertoning op 18 Oktober van die beste gehalte gaan wees.

Die skool bied vanaf 17:00 tot 21:00 by Laerskool Derdepoort in East Lynne ’n prettige konsert aan in die hoop om die skool se fondse aan te vul. Die konsert skop af met Tommy Oliver, La Chelle, Ruan Wepener en Kyron Turnball. Daarna gaan Snotkop die verhoog betree wat beloof om iets besonders te wees.

“Ons hou elke jaar sowat drie groot fondsinsamelings wat ons dan weer in die skool terugploeg. Ons het reeds vanjaar ’n wildsfees gehou waar ons ongeveer R98 000 wins gemaak het en ook ’n kaskarwedren wat vir R63 000 se wins gesorg het. Ons is geweldig dankbaar vir al die ondersteuning wat ons van die gemeenskap ontvang en hoop hulle gaan die Snotkop konsert net so baie geniet,” het Faure gesê.

Hy het gesê hulle hoop om sowat R75 000 se wins te maak wat hulle vir die opgradering van die skoolgebou wil aanwend asook die skoolfonds wil aanvul. Volgens Faure is daar ongeveer helfte van hulle 840 leerlinge wie se ouers dit net eenvoudig nie kan bekostig om hul kinders se skoolfooie te betaal nie.

Hy het gesê die skool se voedingskema sorg ook dat ongeveer 80 leerlinge twee keer ’n dag ’n gesonde maaltyd geniet. “Al hierdie ekstras wat ons vir die leeringe bied, is te danke aan ons verskeie fondsinsamelingsveldtogte asook ons goedhartige ondersteuners. Dit sal nie moontlik wees sonder die betrokkenheid van die gemeenskap nie.”

Navrae: Lizzette Badenhorst, bemarker van Laerskool Derdepoort, by 012-800-1507.

Exit mobile version