Video: Vrou en hond uit rivier gered in Wes-Kaap

‘n Odin-vrywilliger is gered nadat haar voertuig in ’n rivier buite De Rust beland het, met haar hond wat kortliks in die water vermis was.

Odin (Oudtshoorn Dogs In Need) het gister ’n paar benoude oomblikke beleef toe hulle vroegoggend agtergekom het dat een van hul vrywilligers Anja Wilderness nie by Middelplaas, net buite De Rust in die Wes-Kaap, was soos gewoonlik nie.

Hulle het dadelik onraad vermoed en begin soek, berig Oudtshoorn Courant.

Nadat hulle begin rondry het, het hulle haar voertuig in die middel van ‘n rivier opgemerk en dadelik vir Dysselsdorp-polisie en vir Mornay Thysse van Oudtshoorn-brandweer vir hulp gekontak.

Hulle het intussen vir Wilderness uit die water gekry en gekalmeer aangesien sy histeries was omdat haar hond Horlicks iewers in die rivier was. 

Toe Thysse op die toneel kom het hy dadelik ingespring en begin soek en ’n kort tydjie later vir Horlicks ongedeerd uit die water gehaal. 

Wilderness, asook Odin se personeel, was ongelooflik verlig en dankbaar dat die situasie nie in ’n tragedie verander het nie.

Kyk die video hier:

Volgens Colleen Smith van Odin het Wilderness haar gebruiklike roete via Langkloof na Middelplaas gery, waar sy oor ’n drif ry om met die honde te gaan stap. 

“Volgens Wilderness het die water haar voertuig baie vinnig geskep en het sy in die rivier beland, sy het dadelik vir Horlicks uit die voertuig gegooi en toe self probeer uitkom, maar het toe besef sy kry nie die hond nie. Ons is ongelooflik dankbaar vir Thysse, asook Dysselsdorp-polisie vir hul onmiddellike bystand en hulp,” sê Smith.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Louise Mouton

Hierdie berig is geskryf deur 'n joernalis van Oudtshoorn Courant.
Back to top button