Vonnisoplegging verwag vir Oudtshoorn-man (69) wat meisie (9) verkrag

'n Man sal glo vandag in die streekhof gevonnis word vir verkragtings tussen 2015 en 2018.

’n 69-jarige man van Rose Valley in Oudtshoorn is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof aan verkragting van ’n nege-jarige meisie skuldig bevind.

Oudtshoorn Courant berig hy is ook op die verbreking van ’n beskermingsbevel en verbreking van borgtogvoorwaardes skuldig bevind. Vonnisoplegging is tot vandag uitgestel.

Die voorval het 10 jaar gelede gebeur.

Die hof het bevind dat die klaer ’n baie goeie indruk op die hof gemaak het en nooit, selfs onder kruisondervraging, haarself weerspreek het nie.

Die weergawe van die beskuldigde, April Adams, wat alles ontken het en aangevoer het dat die ouers van die klaer ’n storie teen hom opgemaak het, is deur die hof verwerp.

Streeklanddros Daniel Boks het in sy uitspraak van byna drie ure gesê dat die staatsgetuies mekaar gestaaf het en die beskuldigde se weergawe nie redelik moontlik waar kan wees nie.

April het die klaer tussen tussen 2015 en 2018 verskeie kere in sy huis verkrag. Hy het haar ook meer as een keer met die dood gedreig indien sy vir enigeen daarvan sal sê. Hy bly in aanhouding.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button