Verdagtes steeds soek ná skote op boer in die Vrystaat
Die polisie ondersoek ’n poging tot moord nadat twee gewapende verdagtes op ’n Vrystaatse boer geskiet en daarna gevlug het.
‘n Boer van die Oranjeville/Heilbron-distrik in die Vrystaat het Vrydagaand ternouernood aan die dood ontkom toe sy aanvallers op hom geskiet het.
Parys Gazette berig dat plaaslike polisiewoordvoerder Kaptein Loraine Earle bevestig het dat die polisie ‘n klag van poging tot moord ná die voorval, wat kort voor 20:00 gebeur het, ondersoek.
Earle sê verder die polisie het inligting van ‘n sekuriteitsmaatskappy gekry oor ‘n moontlike plaasaanval, en dat polisielede hulle na die toneel gehaas het.
Earle sê die boer het geluide buite die huis gehoor, waarop twee verdagtes skote afgevuur het toe hy die buitelig aangeskakel het.
Hy het teruggeskiet waarna die verdagtes in ‘n suidoostelike rigting gevlug het.
Niemand is in die voorval beseer nie. Die verdagtes is steeds op vrye voet.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!