Suid-Afrikaanse kore gestrand in Brussels ná toer
Lede van twee Suid-Kaapse kore word in 'n hotel gehuisves totdat daar vir hulle 'n direkte vlug terug Suid-Afrika toe gereël kan word.
Die Suid-Kaap Kinderkoor en Suid-Kaap Jeugkoor is tans in Brussels gestrand nadat hulle terugvlug na Suid-Afrika gisteraand gekanselleer is.
Paul Stassen, ’n ouer van een van die koorlede wat saam met die koor in Europa reis, het aan Oudtshoorn Courant genoem dat hulle vermoed die besluit hou verband met die onstabiele situasie in die Midde-Ooste.
“Ons vlug is letterlik ’n uur voor vertrek gekanselleer nadat Emirates alle vlugte van en na Dubai opgeskort het. Die lugredery het ons intussen in ’n viersterhotel gehuisves en ons sal hier bly totdat ’n moontlike direkte vlug na Kaapstad of Johannesburg gereël kan word,” het hy gesê.
Stassen het genoem dat daar onbevestigde berigte die ronde doen dat Irak moontlik aanvalle op Dubai van stapel gestuur het, maar dat geen amptelike bevestiging daarvan ontvang is nie. Hy het egter beklemtoon dat al die kinders veilig is en dat Emirates die groep tans as ’n prioriteit hanteer.
Die kinders het in April na Europa vertrek en tydens hulle toer in Duitsland, Nederland en België opgetree.
Die hoogtepunt van die toer was die kore se deelname aan die 74ste Europees Muziekfestival voor de Jeugd in Pelt, België.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.oudtshoorncourant.com