Sigaret-onderonsie lei glo tot dood van bejaarde in Vredefort
'n 61-jarige man is met hoofbeserings op 'n bed gevind ná polisie in die Vrystaat op 'n aanrandingsklagte in Mokwallo gereageer het.
’n 32-jarige man van Vredefort in die Vrystaat se beweerde woede-aanval oor ’n sigaret het geeïndig in die dood van sy pa, berig Parys Gazette.
Die man het glo kort voor die aanraning met sy bejaarde pa oor ’n sigatret gestry. Dit is nie duidelik waaoor die stryery gegaan het nie, maar met die polisie se aankoms op die toneel, het hulle Ndode Lenong (61) op sy bed aangetref. Sy gesig was geswel en daar was beserings aan sy kop.
Volgens sersant Josephine Rani van die Vredefort-polisiekantoor het polisielede Sondag (2 Augustus) omstreeks 16:10 op ’n klagte van ’n beweerde aanranding by ’n woning in die Mapetla-gedeelte van Mokwallo gereageer.
Die polisie is meegedeel dat Lenong na bewering deur sy seun met ’n onbekende voorwerp aangerand is.
Lenong is na ’n hopsitaal in Parys geneem en is later na ’n hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas vir verdere mediese behandeling.
Hy het egter die volgende dag, Maandag (3 Augustus) aan sy beserings beswyk.
Die 32-jarige verdagte is by sy huis in hegtenis geneem en aangekla van moord.
Hy sal na verwagting binnekort in die Vredefort-landdroshof verskyn.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za