Seun (2) vergiftig: Pa verskyn vandag in Stilfontein-hof

'n Man wie glo vir homself en twee van sy drie kinders gif gevoer het, is in hegtenis geneem nadat hy uit die hospitaal ontslaan is.

‘n Pa (30) verskyn vandag in die Stilfontein-landdroshof in Noordwes nadat hy glo sy tweejarige seun vergiftig en vermoor het.

Volgens Lieutenant Kolonel Amanda Funani, die plaaslike polisiewoordvoerder, het die pa en die ma van drie sibbe hulle verhouding stopgesit na ‘n argument. Die pa het glo op 30 Augustus na die ma se huis in Klerksdorp gegaan en aangedring dat die kinders van onderskeidelik agt, vier en twee jaar oud hom besoek.

“[Verlede] Saterdagoggend het die ma uiteindelik toestemming gegee vir die kinders om saam met die pa te gaan, met die voorwaarde dat haar broer hulle vergesel. Met hulle aankoms by die pa se huis, het hy die oom van die kinders opdrag geggee om terug te gaan huis toe. Hy (hulle oom) het die vierjarige saam met hom huis toe geneem,” sê Funani.

Die ma het later ‘n oproep van die pa ontvang waarin hy gesê het hy is op die punt ‘om iets verskriklik te doen’. Sy het die kinders se ouma gebel, wat haar ingelig het dat hulle op pad hospitaal toe is nadat die verdagte na bewering homself en die twee kinders vergiftig het.

Funani noem die tweejarige was in ‘n kritieke toestand, maar dat die agtjarige nie dit wat sy pa vir hom gegee het, gesluk het nie. Die tweejarige is later in die hospitaal oorlede. Die pa is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy uit die hospitaal ontslaan is.

Read original story on www.citizen.co.za

Back to top button