Pretoriase grapjas Kaas Bra sterf skielik

‘n Man van Pretoria wat bekend is vir sy snaakse grappe op sosiale media is vroeër vandag oorlede.

Die bekende grapjas van die Pretoriase Moot, Liaan van der Westhuizen, beter bekend as Kaas Bra, se dood is Dinsdag op sy sosiale media aangekondig.

Van der Westhuizen van Gezina het bekend geword vir sy satiriese grappe en video’s wat hy op sy Facebook-blad gedeel het.

Hy het meer as ‘n half miljoen volgelinge op sy gewilde Facebook-blad gehad.

Van der Westhuizen is die pa van twee jong kinders.

Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend gemaak nie.

Hier is die boodskap wat vanoggend gedeel is op sy blad:

“Dit is met ‘n bitter seer hart om aan te kondig dat Ons Pa, Seun, Broer, vreugdebringer en vriend vanoggend oorlede is.

“Ons gebede is met sy familie en vriende, ons wil ook net baie dankie se aan elke follower vir julle jare se lojaliteit en ondersteuning, en dankbaar aan Kaasbra vir al sy jare dat hy Suid Afrikaners maak lag het.

“Rus in Vrede Kaasbra jy sal altyd in ons harte bly.”

Ironies genoeg het Van der Westhuizen twee weke gelede ‘n video geplaas vir mense om na te dink – wie gaan die langste langs jou graf staan eendag wanneer jy sterf.

Kyk die video hier:

Van der Westhuizen se dood het omtrent ‘n oproer op sosiale media veroorsaak met baie mense wat hom verwar met die sanger Jan Bloukaas, wie se regte naam Jean du Plessis is.

Jan Bloukaas het in 2017 oornag beroemd geword vir sy liedjie Ek hou van Kaas, bra!

Du Plessis het in 2022 sy breinkankerdiagnose op Instagram bekend gemaak en veg steeds moedig voort.

Hy het Dinsdagoggend ‘n video op Facebook geplaas waarin hy bekend gemaak het dat hy teen vanmiddag uitslae sou kry oor die onlangse toetse wat hy ondergaan het.

Du Plessis het gister sy 25ste verjaarsdag gevier.

Kyk die video hier:

Read original story on www.citizen.co.za

Back to top button