Oud-onderwyser verkrag tiener in eMalahleni: Vonnisoplegging uitgestel

‘n Voormalige onderwyser sou hierdie week gevonnis word vir sy misdade, maar het ‘n nuwe prokureur aangestel wat vir uitstel gevra het.

’n Oud-onderwyser wie ’n tiernermeisie telkemale verkrag het terwyl hy skool gegee het, sal in Junie sy lot hoor wanneer sy vonnisoplegging in die Witbank-landdroshof sal plaasvind.

William Hendry Degenaar (59) is in Februarie skuldig bevind op sewe aanklagte van verkragting en een van seksuele aanranding wat in 2011 en 2012 plaasgevind het.

Hy het Donderdag in die landdroshof in eMalahleni verskyn saam met ’n nuut aangestelde regsverteenwoordiger, Werner Bruyns, vir vonnisoplegging.

Bruyns het versoek dat verrigtinge uitgestel word sodat hy kans het om vertroud te raak met die saak.

Staatsaanklaer Francois Brandt het aan die hof gesê hy vermoed dat Degenaar ‘vir tyd probeer speel’.

“Die staat is van mening dat die saak uitgerek word. Die impak op die slagoffer is geweldig traumaties. Sy moet elke keer weer die saak herleef,” het Brandt gesê.

Landdros Deon Minnie het uitstel gegee tot 18 Junie. Hy het egter die verdediging gewaarsku om gereed te wees sodat die saak kan voortgaan.

“Ek sal nie sonder goeie verskoning die saak weer uitstel nie,” het Minnie gewaarsku.

Read original story on www.citizen.co.za

Back to top button