Môrelig-plaasaanval: 2 swaar gestraf na grusame plaasmoord in Parys-distrik

Die Vrystaat-polisie sê die vonnis stuur ‘n boodskap dat hulle aanvalle op die boerderygemeenskap met die volle mag van die reg sal aanspreek.

Twee mans is Vrydag in die streekhof in Parys onderskeidelik tot 23 en 18 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis vir die brutale moord en roof van ‘n boer in die Parys-distrik.

Die skuldigbevindings spruit uit ’n grusame voorval in die vroeë oggendure van 10 Januarie 2025 op die plaas Môrelig in die Parys-omgewing toe Themba Motha (59), en sy lewensmaat deur die twee beskuldigdes aangeval is, berig Parys Gazette.

Tydens die aanval is Motha doodgeslaan en het sy aanvallers met ’n Mahindra-bakkie, koperkabels, ’n bossnyer en ’n MV-battery van die toneel gevlug.

’n Multidissiplinêre span bestaande uit die polisie se provinsiale eenheid vir Ernstige en Geweldsmisdaad, die Fezile Dabi TRIO-taakspan, Parys SAPD en die Parys Plaaslike Kriminele Rekordsentrum is gemobiliseer.

Deur nougesette ondersoekwerk is albei verdagtes, die 29-jarige Sandile Dlomo en die 23-jarige Karabo Lethoba, slegs twee dae ná die aanval in hegtenis geneem. Die gesteelde items is op verskeie plekke in Tumahole en Parys teruggevind.

Die twee beskuldigdes is soos volg gevonnis:

Dlomo is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord, en 15 jaar vir roof/diefstal. Die hof het gelas dat agt jaar van die tweede klag saam met die eerste uitgedien word.

Hy sal ’n effektiewe 23 jaar direkte gevangenisstraf uitdien.

Lethoba is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis vir moord en 15 jaar vir roof/diefstal. Die hof het gelas dat drie jaar van die tweede klag saam met die eerste uitgedien word.

Hy sal ’n effektiewe 18 jaar direkte gevangenisstraf uitdien.

Generaal-majoor Apaphia Modise het lof uitgespreek vir die ondersoekbeampte, konstabel Rense van die Provinsiale polisie, die aanklaer mnr. Thlaloane, en die span kundiges wat aan die ondersoek gewerk het.

“Hierdie vonnis stuur ’n duidelike boodskap dat aanvalle op ons boerderygemeenskap met die volle mag van die reg aangespreek sal word.

“Ons hoop dit bring ’n mate van afsluiting vir die Motha-familie,” het Modise gesê.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button