Moord ná skietvoorval in Heidelberg: Borgtogaansoek begin

Etienne du Preez (74) is op 3 Julie koelbloedig gewond, terwyl Flip Minnaar (66) beseer is tydens 'n voorval in Ueckermannstraat.

Jaén Lee Pyne (30) het gister in die Heidelberg se landdroshof verskyn vir ‘n formele borgaansoek.

Hy word van ‘n skietvoorval wat op 3 Julie in Ueckermannstraat afgespeel het, waarin Etienne du Preez (74) koelbloedig gewond is en Flip Minnaar (66) beseer is, beskuldig.

Na verneem word het die beskuldigde op ‘n stadium met Minnaar se dogter uitgegaan.. Die verhouding het glo skeef geloop en verbrokkel.

Pyne is op 8 Julie in hegtenis geneem. Volgens verslae het hy homself aan die polisie oorgegee.

Hy staar aanklagte van moord asook poging tot moord in die gesig. Hy het reeds twee keer sy verskyning in die hof gemaak waar die saak beide kere uitgestel was en hy in aanhouding moes bly.

Die saak is gister weer uitgestel en die uitslag van die borgaansoek is vasgestel vir 31 Julie.

Die beskuldigde word in die landdroshof ingebring deur die SAPD.

Hy sal in aanhouding bly by Johannesburg Sentraal.

Dit is in die hofaansoek bevestig dat daar verskeie beskermingsbevele teen hom gemaak is asook ‘n aanklag van aanranding.

Daar word ook verneem dat daar ongeveer 2 600 handtekeninge op ‘n petisie, wat die borgaansoek teenstaan, aangebring is.

Read original story on www.citizen.co.za

Back to top button