Maak só seker of jy geregistreer is as jy wil stem in munisipale verkiesing

Binnelandse Sake se deure is hierdie naweek landswyd oop om kiesers voor November se stemming by te staan.

Stemgeregtigde kiesers het hierdie naweek geleentheid om seker te maak of hulle geregistreer is om te kan stem in die komende munisipale verkiesing wat op 4 November vanjaar gehou word. Anders as in ‘n nasionale verkiesing, kan jy slegs stem by die stemlokaal waar jy geregistreer is.

Volgens Parys Gazette, het die OVK vroeër die week gesê hy is gereed vir die registrasienaweek, en sal stemlokale van 08:00 tot 17:00 oop wees op beide Saterdag 20 Junie en Sondag 21 Junie.

Wie moet registreer?

Kiesers wat nog nie voorheen geregistreer het nie, of sedert die laaste verkiesing van adres verander het, moet seker maak dat hulle wel vir die komende verkiesing geregistreer is.

Hoe maak jy seker of jy geregistreer is?

As jy twyfel of jy as kieser geregistreer is vir die verkiesing, kan jy jou registrasiestatus nagaan by:

  • registertovote.elections.org.za,
  • jou plaaslike OVK-kantoor gedurende kantoorure,
  • die OVK se webtuiste volg by www.elections.org.za,
  • of jou ID-nommer SMS na 31810.
  • Jy kan ook tydens die registrasienaweek, 20-21 Junie, by jou stemlokaal gaan seker maak of jy wel geregistreer is.

Wat neem jy saam as jy gaan registreer?

  • Jou ID (‘n groen ID-boekie, Smart ID-kaart of geldige tydelike identifikasiesertifikaat sal aanvaar word).
  • Jy sal jou adres moet verskaf, maar ‘n bewys van adres is nie nodig nie.

Binnelandse Sake se deure oop

Volgens Parys Gazette sal die kantore van Binnelandse Sake landwyd oor die naweek oop wees op Saterdag 20 Junie en Sondag 21 Junie van 08:00 tot 17:00.

Suid-Afrikaners kan van hierdie geleentheid gebruik maak om

  • Aansoek te doen vir hulle Smart ID-kaarte
  • Afhaal van Smart ID-kaarte waarvoor vroeër aansoek gedoen is.

Onthou dat Suid-Afrikaanse burgers wie nie ‘n geldige ID het, en as kiesers geregistreer is nie, nie sal kan stem nie.

Volgens Departement Binnelandse Sake is daar meer as 370 000 Smart ID-kaarte wat nog afgehaal moet word. Die departement het daarom mense aangemoedig om van die verlengde ure gebruik te maak.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button