Kroon van SA se boerboele by internasionale skou in Vrystaat

Internasionale beoordelaars en topboerboele sal in Parys byeenkom vir 'n skou wat die beste van Suid-Afrikaanse teling ten toon stel.

Parysenaars en besoekers aan die Vrystaatse dorp het hierdie week geleentheid om die room van die land se boerboele van 55 telers uit alle provinsies te sien by die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersgenootskap (SABBS) se internasionale skou.

Volgens Parys Gazette word die skou op Vrydag (26 Junie) en Saterdag (27 Junie) by die AfriDome in Parys gehou.

Sowat 308 boerboele sal beoordeel word deur twee internasionale en twee Suid-Afrikaanse beoordelaars.

Só lyk program

Volgens Lititia Kruger, die voorsitter van SABBS, sal die junior-kampioenskapklasse Vrydag vanaf 08:00 tot 14:00 beoordeel word. Saterdag se program begin ook om 08:00 en sal junior en senior-klasse dan beoordeel word, met die hoogtepunt van die program – die aankondiging van Hond van die Jaar wat die middag plaasvind.

Kruger het mense genooi om te kom kennis maak met die trotse boerboel, SA se eie landras-hond. Dit is ‘n uitstekende geleentheid om te gesels met telers, te kyk na die honde wat gaan deelneem en meer te leer oor hierdie ikoniese ras.

Besoekers van Europa en Amerika word by die skou verwag en daar is selfs ‘n deelnemer uit Botswana.

Die Boerboeltelersgenootskap het 650 lede in bykans elke deel van die wêreld behalwe Antarktika.

Toegang vir beide dae is gratis vir besoekers.

“Ons kan nie wag om julle hier te sien nie,” het Kruger gesê.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button