Kar bars deur muur by Middelburg-hospitaal

'n Voertuig het vanoggend deur ‘n hospitaal se muur gebars en op sys y beland.

‘n Bejaarde man, wat behandeling ontvang het by die hospitaal, het glo per ongeluk die petrol getrap in plaas van die rem, waarna sy Landrover van binne die Middelburg-hospitaal se perseel deur ‘n muur gery het.

Middelburg Observer berig dat David Roos, van die Traffic Alert-groep, op die toneel was. Hy vertel dat die voertuig met die impak op sy sy beland het.

Die toneel waar ’n Landrover deur die Middelburg Hospitaal se muur gery het. Foto: Verskaf.

Die man wat die voertuig bestuur het is per ambulans weggeneem. Dit is op hierdie stadium onduidelik of hy na die Life Midmed-hospitaal of die Middelburg-hospitaal geneem is.

Die erns van sy beserings is ook nie op hierdie stadium bekend nie.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button