Jong seun sterf op trein in Val

'n Tragedie het hom gistermiddag in Mpumalanga afgespeel toe 'n 16-jarige seun, glo van Pretoria, doodgeskok het.

‘n 16-jarige seun is gistermiddag by die Boer en Britdag wat op Val in Mpumalanga, die kleinste dorpie in die land, plaasgevind het, dood.

Ridge Times berig dat die seun na wat verneem word, saam met twee maats op ‘n trein se dak geklim en doodgeskok het.

Buiten ‘n Rovos Rail-trein wat gestrand was op Val en gewag het vir onderdele, was daar ‘n ander trein ook gesien wat op ‘n ander treinspoor gery het.

Die tragedie het glo hier afgespeel. Foto: Google Maps

Dit was nie onmiddelik duidelik op watter trein die seuns geklim het nie, maar volgens ‘n persverklaring van Rovos Rail wat aan Caxton Netwerk-nuus gestuur is, was dit ‘n goederetrein.

Medelye

“Ons is hartseer oor die tragiese lewensverlies en betuig ons meegevoel aan die familie en gemeenskap wat geraak is. Rovos Rail was nie by hierdie voorval betrokke nie. Die sterfte het op ‘n goederetrein op ‘n parallelle lyn voor ons plaasgevind terwyl ons stilgestaan ​​het,” het kommunikasiebestuurder Liezl Maclean gesê.

Daar word verneem dat die seun deel was van ‘n groep van Pretoria wat die jaarlikse byeenkoms op Val bygewoon het.

Die plaaslike polisie se bevelvoerder, Kaptein Sibusiso Mbuli, het onderneem om ‘n verklaring uit te reik, maar dit was nie ten tye van publikasie ontvang nie.

Die leier van die geselskap saam met wie die seun na Val gereis het, het gesê uit respek vir die kind se ouers gaan sy nie kommentaar lewer nie.

Rita Britz, die eienaar van die Val Hotel waar die jaarlikse Boer en Britdag gehou word, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.
Back to top button