Groot styging in brandstofpryse in April verwag

Die prys van petrol en diesel kan na verwagting volgende maand aansienlik styg weens toenemende spanning in die Midde-Ooste.

Motoriste kan hulle gereed maak vir ’n skerp styging in brandstofpryse in April, met voorlopige beraminge wat toon dat petrol met meer as R2 per liter kan toeneem.

Potchefstroom Herald berig dat, volgens berekeninge van die Sentrale Energiefonds (SEF), kan Suid-Afrikaners vanaf 1 April aansienlik meer vir petrol en diesel betaal. Die voorspelling kom te midde van toenemende spanning in die Midde-Ooste wat wêreldwye oliepryse onder druk plaas.

Die SEF bereken daagliks die basiese brandstofprys op grond van internasionale oliepryse en die rand se wisselkoers teenoor die Amerikaanse dollar. Hoewel die staatsbeheerde energie-maatskappy nie amptelike brandstofprysvoorspellings publiseer nie, monitor ontleders die sogenaamde oor- en onderverhalings om te skat of pryse waarskynlik gaan styg of daal voordat die regering die finale aanpassings aankondig.

Volgens die jongste ramings wat Donderdag bekendgemaak is, kan 95-oktaan petrol met sowat R2.41 per liter styg, terwyl 93-oktaan petrol na verwagting met ongeveer R2.28 per liter sal toeneem. Diesel kan selfs harder getref word, met moontlike verhogings van tussen R4.40 en R4.50 per liter.

‘n Liter 93-oktaan petrol kan sodoende verbruikers moontlik R 22.47 uit die sak jaag.

Brandstofprysaanpassings tree elke maand om 00:01 op die eerste Woensdag in werking. Vir April beteken dit dat die nuwe pryse in die vroeë oggendure van 1 April van krag sal wees.


Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button