Buurman verkrag glo 11-jarige op sitkamerbank in Mosselbaai

Die slagoffer se pa het die man na bewering op heterdaad betrap toe hy by sy huis opdaag.

‘n Man (37) wat na bewering betrap is toe hy ‘n 11-jarige meisie op ’n sitkamerbank verkag het, is gearresteer nadat die polisie per toeval ‘n klagte by ‘n ander woning naby die voorval bygewoon het.

Volgens inligting het die slagoffer se pa Saterdag 24 Augustus kort na middernag by die huis ingestap en die verdagte, ‘n buurman, op heterdaad saam met sy dogter betrap.

Hy het die man in die huis toegesluit en kon die polisie ontbied, wat op daardie stadium ‘n ander klagte in die omgewing bygewoon het.

Die man is op die toneel in hegtenis geneem.

Hy sou na verwagting vandag sy eerste verskyning op aanklag van verkragting in die hof maak.

Read original story on www.mosselbayadvertiser.com

Back to top button