Bejaarde veg om lewe ná huisaanval in Vanderbijlpark

'n Bejaarde is kritiek beseer toe hy Vrydagoggend op 'n rower in sy huis in CW1 afgekom het.

Jurie Wessels (86), ‘n jarelange inwoner van die woonbuurt CW1 in Vanderbijlpark, is Vrydagoggend omstreeks 09:15 in sy huis deur ‘n inbreker aangerand.

Hy het op die rower afgekom nadat hy sy motor uit die motorhuis getrek het en weer die huis ingegaan het vir sy selfoon en beursie.

Die inbreker het van die agterkant die huis betree.

‘n Worsteling het ontstaan en Wessels het verskeie kopwonde opgedoen.

Sy noodkrete het die die bure se aandag getrek.

Verskeie polisievoertuie was gou op die toneel. Wessels is tans in die intensiewe sorgeenheid van ‘n plaaslike hospitaal.

Hy woon al vir dekades in die omgewing van Laerskool Frikkie Meyer en is een van NG Moedergemeente se oudste lidmate.

Hy was nog altyd die een wat ander in die hospitaal besoek het.

“Ons kan nou net bid, glo en vertrou,” het sy dogter Rachel Willemse aan Vaalweekblad gesê.

Read original story on www.citizen.co.za

Back to top button