Wenke vir ’n klein woonkamer

Kry meer uit 'n klein spasie uit met die wenke vir jou woonkamer.

Gebruik spieëls

Hang ’n spieël in ’n sentrale plek om ’n fokuspunt te skep. Nog ’n slim idee is om die spieël so te plaas dat lig daarin reflekteer. Indien moontlik, hang die spieël oorkant ’n venster sodat dit die uitsig reflekteer en die illusie van nog ’n venster skep.

Lees ook: 5 dekorflaters om te vermy

 


 

Vertikale kulkuns

Indien jou leefvertrek ’n hoë plafon het, hang gordyne vanaf die plafon tot die vloer. Dit sal die oog opwaarts lok en ook die illusie van spasie skep.

Kleur

Neutrale kleure verrig wonders in klein woonkamers. ’n Pallet van wit, room en sandkleur sal die vertrek groter laat vertoon. Ligte kleure reflekteer ook lig, wat ’n idee van ruimte skep. Hou hierdie kleure in gedagte met jou meubels, vloerbedekking en mure. Probeer om alles eenvormig te hou.

 


Kies kleiner meubelstukke

Die meubels moet nie die vertrek oorweldig nie. ’n Bank met dun arms werk beter as ’n groot gestoffeerde bank met vet arms. Hou die meubelstukke klein en eenvoudig.


Lees ook: Ateljeenessies: hoe om die meeste uit jou klein spasie te kry

Die artikel Wenke vir ’n klein woonkamer het eerste in Rooi Rose verskyn.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version