Lifestyle

Kies die regte mat

Soms is die vinnigste manier om 'n spasie op te kikker met 'n nuwe mat. Vind meer uit oor watter tipe mat die beste in jou spasie werk.

 

Die vertrek

Verskillende matte pas by verskillende vertrekke. Voorportale en kombuise het baie meer voete as die slaapkamer of woonkamer. Dit is dus wys om ’n weerstandige mat te kies vir hierdie areas. ’n Donkerder mat met of sonder patrone sal voetspore verbloem.

Grootte

Meet, meet en meet weer. Vermy ’n klein matjie in ’n groot vertrek. Kies ’n mat wat jou meubels groepeer. Dit beteken ondermeer dat die kante van die mat onder die meubels moet inpas.

Lees ook: 5 dekorflaters om te vermy

Verskillende materiale

Akrilies

Dit is weerstandig en maklik om skoon te hou. Hierdie opsie is goedkoper as wol met die voordeel dat dit minder van sy vesels verloor.

Polipropileen

Dit het ’n sintetiese vesel wat weerstandig is sowel as maklik om skoon te hou. Dit is goed vir areas met baie verkeer. Hierdie matte is beskikbaar in kort vesel sowel as langhaar matte.

Viscose

Hierdie vesel is minder duursaam . Dit word gewoonlik met wol gemeng maar is nie geskik vir areas met baie verkeer nie.

Katoen

Dit word gewoonlik plat geweef. Hierdie vesel is minder duursaam as sisal en jute, maar maak op met sy sagtheid.

Wol

Dit is besonder gemaklik en duursaam. Hierdie matte hou maklik skoon en is die geskikste opsie naby vuurherde.

Jute

Die natuurlike vesel is duursaam en geskik vir baie verkeer. Dit is baie na aan Sisal.

Sisal

Dit is besonder duursaam – selfs meer as Jute. Tog moet spesiale droogskoonmaak opsies gebruik word om die mat skoon te maak. Dit is nie maats met water nie.

Ons gunstelinge:

Premium Hand Woven Heatherglen Rug | Mr Price Home
Option rug – Stripes Sage | Superbalist
Fotakis Rugs & Floors Modas Charcoal & White Tile Vinyl Rug | Yuppiechef
Jute Trim Round Rug | Mr Price Home
Fotakis Rugs & Floors Revival Printed Red Polyester Rug | Yuppiechef
Premium Hand Woven Greece Rug | Mr Price Home

Lees ook: Skep ’n fokusmuur

Die artikel Kies die regte mat het eerste in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

Back to top button