Is eiergeel gesond?

Wat is alles in ’n eiergeel, teenoor ’n eierwit? Ons vergelyk dit, gebaseer op ons Mediese Navorsingsraad se SA Food Data System

 

Maak dit sin om eiergeel te eet? Mense wat graag gewig wil verloor, eet net die eierwit. Wat van jou? Moet jy ook eiergeel vermy?

Wat is in ’n eierwit?

Min kilojoules Dit is ’n voedingswinskopie, met net 100 kJ. As jy ’n sny brood in drie blokkies deel, bevat die eierwit soveel kilojoules as een broodblokkie.
6g proteïen ’n Hele eier bevat 14 g proteïen. Jy het 40-50 g proteïen per dag nodig.
Geen vet Al vet in ’n eierwit is die vet wat jy byvoeg wanneer jy dit gaarmaak in olie of eet saam met botter, mayonnaise, margarien, kaas en spek. As jy egter jou eier kook, posjeer of roereier in die mikrogolf sonder olie of botter maak, bevat dit geen vet nie.
Geen cholesterol Eierwit bevat geen cholesterol nie.
Kosbare voedingstowwe Dit gee jou ook:

Wat van natrium? ’n Eierwit bevat 55 mg natrium, die deel van sout wat sleg is vir jou. Maar jy kan elke dag 1 500 mg natrium gebruik. Die bietjie in ’n eier is te min om nadelig te wees – tensy jy jou eierwit doodgooi met sout.

Dit is dus waar dat ’n eierwit baie min kilojoules verskaf – en nie ’n enkele gram vet of koolhidrate nie. Dit is ook ’n goeie bron van proteïen en ’n hele paar minerale.

Wat is in ’n eiergeel?

310 kilojoules Dit is min of meer soveel as in ’n sny droë brood. Die voedingstowwe wat jy vir hierdie paar kilojoules kry is egter baie meer … en lekkerder.
Proteïen Die geel bevat bietjie meer proteïen as die wit – 8 g. Een hele eier (geel en wit saam, oftewel 14 g) gee jou sowat ’n derde van die hoeveelheid proteïen wat jy per dag benodig. ’n Eier (die geel en wit saam) bevat gram vir gram net soveel proteïen as steak. Omdat ’n eier al die soorte aminosure (proteïenboustene) bevat wat ons benodig, word dit as ’n volledige, topgehalte proteïen geklassifiseer.
Cholesterol Die 160 mg per eier klink erg hoog vir ons cholesterolbeheptes. Maar die feit van die saak is dat wat ons eet in werklikheid ’n klein verskil aan ons cholesterolvlak maak.
Dit werk so:

Vette Daar is 4,5 g vette in die eiergeel. Maar behou perspektief: 4,5 g is min, en die meeste daarvan is gesonde, goeie vette.

Foto: rooi rose

Onthou die volgende oor die hoeveelheid vette in eiergeel

En onthou die volgende oor die soort vette in eiergeel

Ander voedingstowwe in eiergeel

Vitamien D
’n Eiergeel bevat sowat 18 I.U. Jy het dertig keer soveel per dag nodig (600 I.U.) maar vitamien D is skaars in ons kos, met eiers, kaas, lewer en vet vis as amper al bronne in ons dieet.

Minerale
In plaas van ’n mineraalaanvuller kan jy netsowel eiergeel gereeld eet want dit verskaf yster, magnesium, swael, kalium, kalsium en selfs sink.

Ekstra voedingstowwe
Eiergeel is van ons min bronne van biotien, luteïen en zeaxantien.

Geniet jou eiergeel

Om saam te vat: eiergeel bevat relatief min vette in totaal, min versadigde (die ongesonde soort) vette en min kilojoules, met baie en kosbare voedingstowwe. Boonop het dit min effek of geen effek op die cholesterolvlakke van gesonde mense. Een eier per dag – geel en wit – is goed vir jou.

Lees ook: Vyf dieetwenke wat vir almal werk

Die artikel Is eiergeel gesond? het eerste in Rooi Rose verskyn.

Exit mobile version