Hoe werkstres jou visie kan beïnvloed

Jou sig kan geknou word as jy onder baie druk is. Een van die oogtoestande wat deur stres veroorsaak word is blepharospasms.

 

Volgens Andre Horn, ’n senior oogkundige, kan stres jou emosioneel uitput. Jou liggaam en visie kan ook geknou word as jy onder baie druk is. Stres word deur verskeie elemente veroorsaak soos ’n klein salaris, oorweldigende werkslading, min vorderingsgeleenthede, werk wat vervelig is en wat jou nie aanspoor nie, beperkte sosiale ondersteuning en min beheer oor belangrike werksbesluite. Om heeltyd angstig te wees kan nadelig wees vir jou gesondheid en verhoog jou kanse tot hartprobleme, vetsug, slapeloosheid en depressie.

Een van die oogtoestande wat deur stres veroorsaak word, is blepharospasms (klein rukbewegings in die ooglid). Anders as stres, kan min slaap en te veel kafeïen ook lei tot hierdie oogprobleem. Die rukbewegings word deur spierspasmas veroorsaak. Soms kan dit slegs ’n paar ure of dae neem voordat die rukbewegings bedaar. In sommige langtermyn gevalle kan dokters Botox naby die ooglid inspuit om die rukbewegings te laat stop.

Lees ook: Is eiergeel gesond?

Lees ook: Vyf dieetwenke wat vir almal werk

Die artikel Hoe werkstres jou visie kan beïnvloed het eerste in Rooi Rose verskyn.

Exit mobile version