Lifestyle

Hoe werkstres jou visie kan beïnvloed

Jou sig kan geknou word as jy onder baie druk is. Een van die oogtoestande wat deur stres veroorsaak word is blepharospasms.

 

Volgens Andre Horn, ’n senior oogkundige, kan stres jou emosioneel uitput. Jou liggaam en visie kan ook geknou word as jy onder baie druk is. Stres word deur verskeie elemente veroorsaak soos ’n klein salaris, oorweldigende werkslading, min vorderingsgeleenthede, werk wat vervelig is en wat jou nie aanspoor nie, beperkte sosiale ondersteuning en min beheer oor belangrike werksbesluite. Om heeltyd angstig te wees kan nadelig wees vir jou gesondheid en verhoog jou kanse tot hartprobleme, vetsug, slapeloosheid en depressie.

Een van die oogtoestande wat deur stres veroorsaak word, is blepharospasms (klein rukbewegings in die ooglid). Anders as stres, kan min slaap en te veel kafeïen ook lei tot hierdie oogprobleem. Die rukbewegings word deur spierspasmas veroorsaak. Soms kan dit slegs ’n paar ure of dae neem voordat die rukbewegings bedaar. In sommige langtermyn gevalle kan dokters Botox naby die ooglid inspuit om die rukbewegings te laat stop.

Lees ook: Is eiergeel gesond?

  • Sit regop Deur eenvoudig regop te sit, kan lei tot beter werksverrigting. Volgens ’n onlangse studie deur die Massachussets Tegnologiese Instituut in die VSA, kan ’n goeie postuur ’n positiewe gesindheid en houding teenoor jou werk beïnvloed. Die studie het bewys dat mense wat heeldag in ’n geboë, saamgetrekte posisie sit, geneig is tot meer stres en minder selfvertroue. Rig jou lessenaar so in om ’n gevoel van spasie te skep. Dit kan maak dat die kantooromgewing meer ‘asemhaal’ en spasie bevat.
  • Doen weg met die warboel om jou Dit kan stresvol wees om sommer net na ’n warboel te kyk en in ’n deurmekaar kantoor te werk. Volgens ’n ondersoek deur die Universiteit van Kalifornië is gevind dat as mense stadig maar seker van ’n deurmekaarspul en onnodige voorwerpe in die kantoor ontslae raak, dit netheid en ’n vermoë om dinge beter te organiseer, aanspoor.
  • Wees slim Wees realisties oor dit wat jy by die werk wil bereik. Stel kleiner en maklik bereikbare mikpunte eerder as om jou af te sloof om een, groot en ambisieuse doel te bereik. Sodra dit voel asof jou doelwitte nie onbereikbaar is nie, kan dit jou help vir ’n positiewe uitkyk op stres. Maak seker jou doelwitte is buigsaam en dat dit jou toelaat om nuwe en kreatiewe maniere te ontdek wat jou sal help om jou doelwitte te bereik.
  • Beperk onderbrekings Dit is nie die maklikste ding om te doen nie, maar dit kan juis nadelig wees vir jou gesondheid. As jy toelaat dat jou selfoon en ander digitale toestelle jou heeldag onderbreek, kan dit lei tot irritasie en ontevredenheid met jou werk. Dit veroorsaak dat jy minder produktief is en langer besig is met take wat jou gewoonlik net ’n paar minute sou neem. Dit is egter amper onmoontlik om hierdie tipe onderbrekings te vermy. Skryf ’n nota of stel ’n alarm om jou te herinner aan die take waarvan jou aandag afgetrek was. Dit kan jou help om minder tyd te mors en vinniger weer aan die gang te kom met dit waarmee jy besig was.
  • Baat by die voordele van stres Soms kan stres in jou guns tel. Dit kan egter vereis dat jy ’n positiewe houding teenoor angs inneem en dit sien as ’n dryfveer vir produktiwiteit en sukses, eerder as dat dit dreinerend en sleg is vir jou. ’n Positiewe houding teenoor stres kan jou aanspoor om jou beste te doen en groot uitdagings as stimulerend te sien.

Lees ook: Vyf dieetwenke wat vir almal werk

Die artikel Hoe werkstres jou visie kan beïnvloed het eerste in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button